|   home
A new day   |   Control   |   Gebed vir genesing   |   Iewers is daar 'n plek van waarheid   |   Ja   |   Know it now   |   Money   |   Pas-op   |   prayer for salvation   |   Something every Satanist is in need of   |   Vader hier is ek   |   Waar is die einde?   |   Weet jy   |   Wie besluit..?
Ja
Die Here God is goed vir my. Meer as wat ek ooit kan verdien. Meer as wat ek ooit kan verstaan.
Hy vul my met vrede. Hy vul my met krag. Hy vul my gans.. die hele nag. Hy vul my met Sy teenwoordigheid en met Sy liefde. Hy vul my op maniere wat ek nie eens kan uiter nie. Hy vul my omdat HY my liefhet. Hy vul my en ek is tevrede en gevul en vervuld. Ek is soos hulle sê... "complete".
O... en ek wonder... hierdie is 'n nag gevul met liefde en God se teenwoordigheid.. en ek wonder... sal ek bid dat dit so bly tot in ewigheid...
O... die Here God is goed vir my. Hy vertel my maar nog net van al die wonderlikhede wat Hy op my gaan uitstort en ek is vervuld... ek is ten volle tevrede. Hoe groot is Hy dat slegs sy woorde vir my genoeg is...
Hy kom na my en praat met my en toon my Sy liefde. Hoe groot is God... Hoe kosbaar Sy teenwoordigheid. Mag Hy my ewig van Hom bewus hou. Mag ek Hom nooit verlaat nie en mag Hy toesien dat ek Sy perfekte wil doen.. elke oomblik en elke uur. Mag Hy tevrede wees met my.. soos ek tevrede is met Hom.
Soos my tone krul sommer my hele liggaam van die lekkerkry van om Hom te ervaar. Hoe groot is God... hoe wonderlik Sy liefde en teenwoordigheid. Hoe kosbaar die Here.
O.. Engele... kom... kom sing 'n loflied tot eer van God... kom... kom sing 'n nuwe lied tot eer van Sy Naam. Sing Hom lof en ere en bring aan Hom hulde. Prys Hom want Hy is goed vir my. Laat elke Engel sing.. laat elkeen aan God eer bring vir Sy weldade aan my... laat die ganse hemele juig en laat elke mond getuig.. Hy is 'n Goeie God...!!! Hy is 'n Goeie God...!!! Hy is 'n Goeie God...!!! Hy is 'n Baie Goeie God.
Ere aan God in die Hoogste Hemele.
Laat die ganse skepping tot U 'n loflied sing vir U goedheid teenoor my. Laat nie een oorgeslaan word nie, maar plaas 'n lied in ELKE hart. Laat elkeen op aarde wat asem haal U lof besing O God... laat almal sing U is 'n Goeie God. U is Barmhartig en Genadig en U is gevul met Liefde. U het ek lief...! U het ek lief...! U het ek lief...!
Aan U beheer is ek oorgegee en tot U styg op my loflied. Aan U behoort ek vir altyd en ewig. U is 'n Goeie God en U is gevul met liefde. Ere aan God in die Hoogste Hemele. Ek bring U lof en ere en verklaar hier en nou dat ek U liefhet.. vir nou en tot in ewigheid behoort ek aan U. U vra my Vader.. U vra my en ek sê... "Ja Ja Ja..." Tot in ewigheid JA. Vir nou en vir altyd JA. Ja... Ja... Ja. amen Ja.
Berdine